Hipotermie

Hipotermie
Klassifikasie en eksterne bronne
Toe Napoleon in die winter van 1812 uit Rusland wyk, het talle soldate hipotermie opgedoen.
Toe Napoleon in die winter van 1812 uit Rusland wyk, het talle soldate hipotermie opgedoen.
ICD-10 T68
ICD-9 991.6
DiseasesDB 6542
MedlinePlus   000038
eMedicine med/1144
MeSH D007035
Mediese waarskuwing

Hipotermie (verkluiming) is 'n toestand waarin die sentrale liggaamstemperatuur (die hoogste temperatuur in die middel van die lyf) van 'n persoon so ver gedaal het dat die normale metabolisme in gevaar kom. Liggaamstemperatuur wissel by normale gesonde mense tussen ongeveer 37,5 ºC (soms hoër by inspanning) en 35,5 ºC, of soms laer, soos vroeg in die môre tydens slaap. Liggaamstemperature onder 32 ºC veroorsaak dat funksies afneem, en enigiets onder 30 ºC is uiters skadelik.

Hipotermie begin as die liggaamstemperatuur daal tot onder 35 °C. As die liggaamstemperatuur onder 32 °C daal, word die situasie kritiek. Liggaamstemperature onder 27 °C is sonder mediese ingryping byna altyd dodelik, hoewel daar gevalle bekend is waar 'n persoon met 'n liggaamstemperatuur van 14 °C oorleef het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search